Skynbare retrograde beweging

’n Skematiese animasie van Mars wat retrograad word. Wanneer die Aarde (E) verby ’n planeet verder weg van die Son af, soos Mars (M), beweeg, lyk dit vir ’n ruk of dié planeet (M') terugwaarts in die lug beweeg.

Skynbare retrograde beweging is die skynbare beweging van ’n planeet in ’n teenoorgestelde rigting as dié van ander liggame in sy stelsel, soos waargeneem vanuit ’n sekere uitkykpunt. Direkte of prograde beweging is ’n beweging in dieselfde rigting as ander liggame.

Hoewel die terme "direk" en "prograad" in dié verband dieselfde betekenis het, is eersgenoemde die tradisionele term in sterrekunde. Die eerste gebruik van "prograad" was vroeg in die 18de eeu, hoewel die term minder algemeen is.[1]

  1. "Prograde, adj". OED Online. Oxford University Press. 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search